Doelstellings van die Oud-Affie Bond
- Om die Oud-Affies se belangstelling in en verbintenis met die Skool se aktiwiteite aan te wakker en uit te bou.
- Om ‘n verantwoordelikheidsin en ‘n “kultuur van terugploeg” teenoor die skool te kweek.
- Om kameraadskap, samewerking en wedersydse ondersteuning onder ons lede te bevorder.
- Om die Bestuur en Onderwyserskorps van die Skool te bemagtig om die Skool die mees gerespekteerde onderwys instelling in die RSA te maak.
- Om 'n tuiste te bied waar oud-leerlinge inligting kan deel.
- Om nuus oor oud-Affies oor te dra.
- Om 'n ondersteuningsnetwerk te skep vir oud Affies.